Pieter Potgieter se veldervarings P en natuurlewebetrokkenheid is uniek in verskeie opsigte. Ek kan woorde gebruik om hom te beskryf soos “onverstoorbaar” en “outentiek”. Maar selfs dan – en hier sal al sy vriende en kennisse saamstem – het ek nog nie heeltemal reg laat geskied aan sy menswees en sy bydraes tot die georganiseerde jag- en wildbedryf in Suid-Afrika nie. Maar kom ek begin by die begin, en met verloop van sy storie sal ook die lesers wat hom nie ken nie, verstaan waarom ek hom so aan julle voorstel. En waarom ek hom klassifiseer as een van die lewende legendes van die jagveld.
Namibie – sy wéreld
Pieter Potgieter (of alombekend as Pottie) is ‘n afstammeling van die Dorslandtrekkers en latere Angolaboere, wat hul in 1928 in die destydse Suidwes-Afrika gaan hervestig het. Al sal almal nie noodwendig met my saamstem nie, was dit dalk hierdie erflikheid en omgewingswerklikhede (die “argetipe”, soos Carl Jung dit beskryf het) wat die oorsprong was van die eienskappe wat ek hierbo genoem het. Hy is gebore in die Gobabisdistrik en het in 1959 in Otjiwarongo gematrikuleer. Dat hierdie hartland lewenslank deel van sy menswees sal bly, raak vir my duideliktoe ek oor ‘n soveelste koffie vir hom vra hoe gereeld hy nog daar kom. Rustig en berekend haal hy sy Namibiese identiteitsdokument uit en sé met ‘n flikker in sy oe dat hy pas twee weke gelede teruggekom het van sy derde besoek aan sy wéreld vir die afgelope jaar (en dit net ng die “installering” van ‘n pasaangeer).
As laerskoolseun het hy begin kleinwild jag: tarentale, fisante, varke, steenbokke en duikers saam met sy hond, Vanger. In die periode tussen grootword in die Gobabis-omgewing en skool klaarmaak in Otjiwarongo, was die hele bos en die sandveld sy jaggebied; hier het hy sy liefde (lees “verslawing”), kennis en respek vir die veld gevestig. Pottie vertel my van sy pa se Herero-werker, Claudeus. Pottie en sy Itimiititi1i van 30 jaar, Bun Malan, in die TOT-AS Kalahari op soek na gemsbokke (Die Herero’s het die manier gehad om sulke klassieke name te gee soos Festus, Josephine, Victoria, ens. Dit kom van die Duitsers af- hul grootste vyande, maar ook hul grootste rolmodelle.) Claudeus het hom in sy kinderjare oortuig dat sommige steenbokke getoor is: Jy kan op 25 m ‘n punt-22 se magasyn op hom leegskiet maarjy sal hom nie raak nie. Hy sal jou net met sy groot oe staan en aankyk asofjy van ‘n ander planeet af kom. Gelukkig het die eerste koedoebul (met ‘n oopvisier-30.06) en al die anderwild oor ‘n leeityd sedertdien nie hierdie jinx gehad nie.
Die “elandskool”
Die afwesigheid van die Jinx is nou behalwe vir die elande van die Omaheke. Die Omaheke is die Hererowoord vir die sandwéreld oos van Otjiwarongo en noord van Gobabis. Die habitat daar is hoofsaaklik digte vaalbos en sandgeelhout, en dit is die gunstelinggebied vir daardie wéreld se groot (en slim) elande. Hier was Pottie vir ‘n hele paar jaar in die “elandskool”, so benoem deur Eddie van Wyk, die eienaar van die plaas Panorama, wat geleé is waar die Waterberg se rug in die Kalahari-sand verdwyn.
“My ervaring met die elande van die Omaheke het oor ‘n aantal jare gestrek; soms suksesvol, ander kere onsuksesvol. Na elke onsuksesvolle jag, waarin ek myle agter die elande aangestap het sonder om hond / eland haaraf te maak, sou die boer vir my sé: ‘l-YK my oom was weer vandag in die elandskool.'”
“Watter lesse het ek in hierdie skool geleer?
- Use enough gun! (met erkenning aan Robert Ruark). Jy skiet op 2O tot 5O m, dikwels deur digte bos waar jy net-net ‘n stukkie van die eland deur die bos en blare sien. Daarom is ‘n .375 ideaal. Moe nie met jou meerkatgeweer daar probeer eland jag nie.
- Moenie net loop en soek soos jy met rooibokke en koedoes maak nie. Jy loop jou vas in koeitroppe wat jou sien lank voor jy hulle sien. Hulle het rondomverdediging, soos ons in die infanterieskool geleer het. Soek ‘n groot bul se spoor by die water en loop daarop tot jy sy warm tekens begin kry. Dan weet jy hy is naby en met geduld kan jy ‘n skoot op hom inkry – partykeer net ‘n stukkie geelbruin vel deur die vaalbos.
- As jy eers ‘n elandbul laat wegkom het, kry jy hom nie weer nie. As jy hom verras, spring hy met ‘n vaart weg, maar gou begin hy draf en dan stap hy. Daarna draai hy van sy rigting af en gaan staan so 5O tot 100 m links of regs van sy vlugspoor onder ‘n boom en hou sy spoor dop. Jy sal hom nie kry nie. Hy wag vir jou. Ek het eenkeer meer as 1O km so agter ‘n elandbul aangestap. Die boer se kommen taar toe ek gedaan by die huis kom: ‘Les nommer een in die elandskool. As jy ‘n elandbul eenkeer ge-spook het, los hom en gaan soek vir jou ‘n ander een.’
- Op oop plase, waar wildwerende heinings nie hul bewegings aan WILD & JAG NOVEMBER 2015 bande lé nie, word elande se bewegings hoofsaaklik deur die maan bepaal: drinktye en weitye. En volmaan is vir hulle een of ander magic. Hulle trek weg – nugter weet waarheen. Een dag is daar nog 200 elande op die plaas. As dit begin volmaan raak, is hulle weg. ‘n Week later is hulle weer terug.
“Ek kan nie sé dat ek al die lesse goed geleer het nie, maar een ding is seker: Daar in die Omaheke is ‘n elandbul ‘n formidabele uitdaging. Een dag verspot maklik om te skiet, maar meesal sit hy jou ore aan.”
In die Khomas Hochland
Op my vraag oor ander besonderse ervarings wat hy in die jagveld gehad het, vertel hy verder: “Gelukkig was ek darem nie net in die elandskool nie. ‘n Ander stuk jagervaring van my lé in die Khomas Hochland – daardie bergwéreld wes van Windhoek tot teen die Namib. Tsammams is die naam van die 11 OOO ha oop plaas van Moolman van Zyl. As jy ‘n gelyk plek in daardie wéreld wil hii, moet jy dit self maak. Koedoes, gemsbokke en Hartmann se bergsebras – en natuurlik luiperds – is daar genoeg.
“Om in daardie berge met die voet te jag, is nogal ‘n uitdaging. Kan jy jou voorstel hoe dit is om van een berghang na die ander een te skiet? Vervolg Cdr 73 ” Vervolg Ek het vier jaar agtermekaar probeer om ‘n sebrahings daar te skiet (benewens die koedoes en gemsbokke), maar ek sal volgende jaar weer moet probeer. Die een wat daar in die Khuri Kaub (‘n diep kloof wat deur die plaas loop) bly, het my nommer op.”
Nou sal lesers begin wonder hoe dit kom dat hier nog niks geskryf is oor buffels, leeus en olifante nie: Hierdie reeks verskyn immers onder die opskrif “Lewende legendes van die jagveld” en dit bring meesal die beeld van die Groot Vyf na vore. Die rede is eintlik voor die hand liggend – daar is persone wat op ander wyses bydraes tot die jag- en wildbedryf lewer en gelewer het wat van hulle ook “legendes” in eie reg maak. Een so ‘n persoon is Pieter JJS Potgieter.
Tipies beskeie sé hy dan ook dat hy beslis nie daarop aanspraak kan maak dat hy ‘n wafferse bydrae tot die jagbedryf gemaak het nie. Hy het ook nie wonderlike Afrika-jagervarings gehad met olifante, buffels en leeus nie. Toe hy op die toneel gekom het, was daardie era al grootliks verby, met die uitsondering van professionele jagters en trofeeversamelaars (hoofsaaklik van oorsese lande). PJ Schoeman het darem sy jong kop vol jagstories gepraat en toe hy Engels kon lees, het hy Robert Ruark gelees en baie by hom geleer.
“Ek moes tevrede wees met koedoes en gemsbokke en elande wat nou nie juis stot vir epiese jagstories oplewer nie,” sé hy rustig dog sonder apologie. “Die blywende waarde van ‘n jagervaring lé mos nie in hoe groot jou prooi was of hoeveel jy daarvoor betaal het nie, maar eerder in die uitdaging wat hy aan jou as jagter gestel het en hoe jy jou eie beperkinge moes oorkom om suksesVol te wees,” verduidelik hy filosofies.
Bydraes tot jag- en wildbewarings bedryf
Pieter Potgieter hoef nie beskeie of apologeties te wees oor sy bydraes tot die jag- en wildbewaringsbedryf in Suid-Atrika nie. Hier volg die posisies en instellings waarbinne hy sy bydraes gelewer het en steeds lewer: .
- Stigterslid en eerste voorsitter van die Hartbees Jagtersvereniging in Potchefstroom .
- Visepresident (opleiding) van SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) .
- Adjunkpresident van SAJWV
- President van SAJWV (2007-2010)
- President van SA Roofdiertelers vereniging (2011 tot tans).
Ek kry Pottie so ver om uit te brei oor sy betrokkenheid, wat hy wel doen, maar onmiddellik sé hy dat ‘n mens moet onthou “dat dit altyd as deel van ‘n span was waarvoor ander ouens in die SAJWV eintlik die krediet moet kry”.
Debat oor etiese jag
Een besondere bydrae wat hy gelewer het, was om die debat oor etiese jag te fasiliteer terwyl hy president van die SAJWV was. Ek haal hom woordeliks aan:
“In die jagomgewing kry ‘n mens die puriste en die realiste. Vir die puriste is slegs klassieke walk and stalk-jay egte jag. As jy dit nie doen nie, is jy nie ‘n etiese jagter nie maar ‘n skieter. Die realiste daarenteen sé: Loop en bekruip is natuurlik die klassieke manier van jag, maar daar is ook ander geldige jagmetodes wat deur die terrein en die plantegroei gedikteer word.
“Ek het hierdie debat probeer fasiliteer toe ek by die SAJWV was. Mettertyd is ‘n paar eenvoudige waarhede uitgesorteer:
- Jy kan in die Kalahari of die Namib of die Karoo stap en jag, maar dan moet jy gesond en fiks wees en jy sal miskien een bok per dag huis toe bring. Bale min jagters kan dit doen en dit is meesal nie meer aanvaarbaar in die tye waarin ons tans leef nie – nie vir die wildplaaseienaar nie en ook nie vir die jagter nie.
- Die werklikheid is dat bakkiejag en voorsitjag verantwoordelik is vir ten minste 80 persent van alle jag in Suid-Afrika.
- Daar was toe nogal konsensus dat die konsep ‘etiese jag’ nie meer ‘n baie bruikbare een is in ‘n tydvak van etiese relativisme /diversiteit nie. Wie se etiek is nou eintlik die geldende een? As dit deel van my kultuur is om met honde te jag, wie is jy om vir my te sé dit is oneties?
“Die uitkoms van die debat was dat daar besluit is om eerder te praat van ‘verantwoordelike jag’, wat veel makliker is om te definieer en toe te pas. Die jag is naamlik verantwoordelik wanneer:
- dit wettig is .
- die prooi met een goed geplaasde skoot gedood word
- die veiligheid van al die betrokke partye verseker is.”
Herstrukturering van die SAJWV
Sy betrokkenheid by die SAJWV het saamgeval met ‘n fase van uitbreiding van die organisasie. Van ‘n hoofsaaklik Pretoria-gebaseerde organisasie het dit in ‘n baie kort tyd tot ‘n organisasie met ‘n nasionale voetspoor ontwikkel. Die ledetal het eksponensieel gegroei en takke het oor die hele land tot stand gekom. Die bestaande konstitusie van die vereniging was net nie meer goed genoeg om die else en uitdagings van die nuwe situasie te hanteer nie. Die vereniging se uitvoerende komitee het toe besluit om ‘n omvattende herstrukturering te doen.
Dit was Pottie se voorreg om daardie proses te help bestuur. Die nuwe strukture is van 2005 af ingefaseer en dit het ook gepaardgegaan met die vestiging van ‘n bepaalde jagkultuur, wat ‘n sterk saambindende effek op die vereniging gehad het elemente soos ‘n jagterslied (geskryf en gekomponeer deur Ben Bierman), taklogo‘s wat die identiteit van elke tak weerspieél, en ‘n trofeesaal waarop elke lid trots kan wees. En natuurlik ‘n bestuurskultuur wat deelnemend en deursigtig is en wat lede op die grondvlak bemagtig om hul eie ding te doen. Jagtersopleiding is ontwikkel tot sekerlik die beste in die land. Die SAJWV is vandag een van die grootste en bes bestuurde nieregeringsorganisasies in die land – danksy die toegewyde span waarvan Pottie deel kon wees.
Pogings om groter eenheid in die jagbedryf teweeg te bring
Die toneel van jagorganisasies in Suid-Afrika was van die begin af gefragmenteer. Elke streek het sy eie jagorganisasie gehad. In 1981 is eenheid bewerkstellig met die stigting van Chasa (Suid-Afrikaanse Jagterskonfederasie). Die eenheid was egter maar van korte duur. In 2004 het dit die slagoffer geword van die groot-visin-die-klein-dammetjie-sindroom toe die SAJWV geskors is.
Gedurende sy termyn as president is daar ernstig probeer om die eenheid te herstel. Die beginsels van ‘n konstitusie vir ‘n herenigde Chasa (weliswaar onder ‘n ander naam) is aanvaar, maar dit het nooit tot voltooiing gekom nie.
Agterna beskou dink Pottie dat dit goed is so. Daar was naamlik nooit ‘n dwingende rede vir strukturele eenheid tussen die verskillende jagorganisasies nie. Vandag word daar funksioneel saamgewerk in Hawasa (‘n koukus van organisasies in die wild- en jagbedryf) oor gemeenskaplike sake sonder dat die identiteit van die verskillende jagorganisasies in die gedrang kom.
Betrokkenheid by die leeubedryf
Na sy uittrede as president SAJWV in 2010 het die leeuboere, wat pas hul hofsaak teen die minister van omgewingsake gewen het, hom gevra om hulle te help om die leeubedryf op ‘n volhoubare grondslag gevestig te kry. Hoewel die leeubedryf toe al goed gereguleer was, was daar groot leemtes in wetstoepassing. Sekere operateurs het die bedryf voortdurend om die verkeerde redes in die kalklig gestel deur hul onwettige en onverantwoordelike optrede. Daarmee het hulle as’t ware die “propagandastof” op ‘n skinkbord vir die diereregte-aktiviste aangebied. Die film Blood Lions is die jongste voorbeeld daarvan. Volgens Pottie kon die provinsiale omgewingsake-owerhede dit nooit uitgeroei kry nie, veral nie in die Noordwesprovinsie nie.
Die SA Fioofdiertelersvereniging het toe besluit om self norme en standaarde vir die jag van leeus wat in gevangenskap geteel is, te ontwikkel en om sy lede sover te kry om dit vrywillig toe te pas. ‘n Stelsel van akkreditasie is ontwikkel om leeujagplase, wat volgens die reels speel, te identifiseer en hulle as leeujagbestemmings van wéreldgehalte te bemark.
Aldus Pottie: “So hoop ons om markkragte te gebruik om die skelms en die kansvatters uit die leeujagbedryf te druk. Net die tyd sal leer of ons daarin gaan slaag. Dis ‘n wedloop teen tyd.”
Ten slotte
Ek het die voorreg gehad om ‘n paar keer saam met Pottie en ander jagmaats gemsbokke en springbokke in die Koés /Aroab-omgewing te gaan jag. Dit was wonderlike ervarings, des te meer so vanweé Pottie se natuurlike leidinggewing. Sy fyn humor om die kampvuur is afgewissel met toegewyde erns wanneer ons deur die strate en oor die duine met die Cruiser gekreun het. Sy twee gunsteling-, pasgemaakte gewere is sy .25-06 en sy .300 H&H. Dit was besonders as Pottie jou toegelaat het om met die .25-06 en handgelaaide rondtes kopskoot-springbokke op lang afstande te Iaat val.
Dit dan is Pieter Potgieter- die mens wat hom as akademikus, dekaan en bestuursleier onderskei het, strategies kan dink en suksesVol mense met hom kan saamneem na ‘n gemeenskaplike visie ten opsigte van die jag- en wildbewaringsbedryf in Suid-Afrika. Ook en veral die mens-mens wat aangedaan kan raak oor die wonder van die natuur en oor hoe hy sy tienerkleinseun Aldrich, wat in Texas bly, sy eerste springbok in Leonardville se wéreld kon Iaat skiet. Maar eers nadat Aldrich daar ver moes leer fyn skiet en die geskandeerde telkaarte aan oupa moes stuur voordat hy toegelaat is om sy eerste bok te skiet. En toe kry die mannetjie dit sommer reg om nege kopskote met tien patrone te skiet!