Die doodmaak van Cecil die leeu van Zimbabwe in ‘n beweerde onwettige jagtog plaas Suid-Afri- ka se eie praktyk van kommersiéle leeuboerdery in die kollig.
Die dokumentére rolprent Blood Lions, wat eersdaags in Suid-Afrika en oorsee uitgereik word, trek tans die aandag van gewone mense en natuurlewe-organisasies. Al drie vertonings wat vandeesweek in die Labia-teater in Kaapstad gereél is, is reeds uitverkoop.
Dit is vanjaar staande toegejuig by die premiere op die internasionale rolprentfees in Durban. Die Hollywood-persoonlikhede Ricky Gervais en Ellen DeGeneres het ook onlangs oor die prent getwiet. Die voorprent op YouTube is reeds 170 000 keer gekyk.
Blood Lions volg die omgewingsjoernalis en safari-operateur Ian Michler en Rick Swazey, ‘n Amerikaanse jagter, in hul ondersoek na die kommersiéle boere wat die groot roofdiere teel. Miljoene is in sodanige boerderye op die spel.
In die prent is bevind dat meer as 900 leeus elke jaar gejag word; 99% van daardie leeus word vir die koeél geteel, luidens ‘n mediaver- klaring. Hulle word met die hand grootgemaak deur vrywilligers wat dink hulle red Afrika se leeus. Vier dae nadat hulle vrygelaat is, word hulle as wild beskou en kan hulle geskiet of geslag word.
Pippa Hankinson van Regulus Vision, wat gemoeid is met die prent, sé Blood Lions is vervaardig om ‘n wéreldwye bewusmaking aan te wakker. “Dit is ‘n oproep tot aksie. Elkeen wat daarna kyk, kan ingeligte besluite neem. Ons is almal aanspreeklik en word uitgedaag oor ons rol en verantwoordelikhede rakende dié majestueuse diere.”