Hello Joburg, ‘n tydskrif wat Johannesburg en omstreke bemark, is in die visier oor sy voorbladartikel vir September waarin hy die Leeuensafaripark in Lanseria bemark.
In een van die foto’s wat Hello Joburg op Twitter geplaas het om sy Septemberuitgawe aan die publiek bekend te stel, speel die drie komediante Jason, Nick en Donavon Goliath met twee mak leeus. Op ‘n ander een speel hulle met ‘n mak jagluiperd.
Aktiviste van Bloodlions en Captured in Africa (CiA) sien nou rooi omdat die tydskrif die “onetiese en wrede” “geblikte” leeubedryf bemark.
Die twee nieregeringsorganisasies voer tans internasionale veldtogte om die bedryf te smoor en veral oningeligte oorsese besoekers bewus te maak van al die tentakels van die bedryf.
Whin Booysen, hoofbestuurder van die Leeuensafaripark, se Justyn Spinner, eienaar van Hello Joburg, het aangebied om ‘n artikel oor die nuwe Leeuensafaripark te publiseer.
“Ek het ingestem omdat ons nou ‘n nuwe gerief bedryf Ons het Hello Joburg betaal vir die artikel.”
Spinner wil nie kommentaar lewer oor sy tydskrif se voorbladartikel vir September nie, maar se “dit word nou her oorweeg”.
Drew Abrahamson van CiA se Justyn, sowel as Bianca Spinneruitgewers van Hello Joburg, het die stigtingsgeleentheid van CiA bygewoon waar die dokumentere rolprent Blood Lions vertoon is.
Hulle is dus “deeglik bewus” van die gevolge van leeus wat in gevangenskap geteel word. Hulle is ook bewus dat leeuwelpies wat mak gemaak word sodat toeriste hulle kan vashou op die ou end as “geblikte”, halfmak leeus in klein kampies gejag word.
Abrahamson se die uitgewers van Hello Joburg kan nie nou hul skouers optrek en maak asof hulle nie bewus is van die “geblikte” leeubedryf nie.
Sy bestempel dit as ‘n teleurstelling dat hulle al die inligting tot hul beskikking het, maar nogtans voortgegaan het om ‘n artikel oor halfmak leeus te publiseer en toeriste so aan te moedig om interaksie met die leeus te he.
“Ons het verskeie eposboodskappe daaroor aan Hello Joburg gestuur, maar geen reaksie gekry nie.”
Die bemarkers van die komediante Goliath&Goliath se hulle wil nie kommentaar lewer nie, maar se hulle het “geweldige reaksie” op Twitter oor die foto’s ontvang.
Booysen se hulle het vir ‘n maand alle interaksie tussen toeriste en leeus in die park gestaak, maar in die tyd het hul onderneming baie swaargekry.
Hy se hy glo nie die foto van die Goliathkomediante sal op die voorblad van die tydskrif gebruik word nie, maar moontlik binnein by die artikel.
Volgens hom werk hy saam met almal wat teen die “geblikte” leeubedryf gekant is om interaksie met leeus in SuidAfrika stopgesit te kry.
“Sodra dit onwettig raak om met leeuwelpies te speel, sal ons ook daarmee ophou. Ons hoop dit gaan so teen einde vanjaar gebeur,” se hy.