Skip to content

Skok oor video van blikleeujag in SA

‘n Video van Amerikaanse jagters wat halfmak leeus op ‘n plaas in Noordwes op ‘n kort afstand skiet, het gister op die COP17beraad skokgolwe deur die bewaringsgemeenskap gestuur.

Volgens die fotograaf Derek Gobbett, wat die video gemaak het, het die jagters binne sewe dae tien leeus op die plaas De Klerk Safari’s doodgeskiet.

Hy het die jag aanvanklik meegemaak om ‘n video as aandenking vir die jagters te skiet, maar het die video later aan die BBC gegee wat dit vertoon het onder die opskrif: “Skiet leeujagters mak diere in SuidAfrika?”

Van die jagters skiet leeus uit hul voertuie dood.

Op een van die snitte kan duidelik gesien word hoe ‘n leeu van die jagters probeer wegkom en in ‘n boom klim. Die jagters loop onder die boom deur, draai om en skiet twee skote op die leeu.

‘n Ander snit wys hoe ‘n leeuwyfie in ‘n vlakvarkgat kruip en probeer wegkom van die jagters.

Hulle skiet haar binnein die gat dood, lag en wens mekaar geluk met die “goeie jag”.

Bob Vitro, ‘n jagter en taksidermis van New York, skiet by een geleentheid ‘n leeumannetjie dood en stap opgewonde nader terwyl hy vir die karkas vertel hoe graag hy hom wou skiet, maar hy se ook hy is jammer daaroor.

Will Travers, direkteur van Born Free, het gister gese die video het hom tot in sy siel geskok.

“Ek het gedink ek het alles gesien, maar hierdie is die ergste. Die SuidAfrikaanse regering sal daadwerklik iets aan hierdie onetiese bedryf moet doen.”

Karen Trendler van Four Paws het gese hierdie video wys net “die oortjies van die seekoei” van hierdie verskriklike bedryf.

“Dit is waarom ons hier by COP17 so hard werk om die bedryf te smoor en leeus op Bylae 1 gelys te kry,” het sy gese.

Ian Michler, vervaardiger van die dokumentere rolprent Blood Lions, het die departement van omgewingsake uitgedaag om die bedryf te sluit en ‘n behoorlike definisie te gee van die gonswoord “volhoubare benutting”.

Verskeie nieregeringsorganisasies Skok oor video van blikleeujag in SA Elise Tempelhoff het daarop gewys dat die Wereldbewaringsunie (IUCN) SuidAfrika onlangs in Hawaii versoek het om die teel van leeus in gevangenisskap te staak en die bedryf te sluit.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het gister gese die teel van wild in aanhouding is nie onwettig in SuidAfrika nie.

“Wie is die IUCN? Ons is ‘n soewereine staat. Die IUCN is nie bewus van die wetenskap van die bewaringsaspekte in SuidAfrika nie.”

Sy het gese die welsyn van die diere is vir haar ‘n groot bron van kommer, maar dat die departement besig is om standaarde daarvoor op te stel.

Volgens Molewa was die jag vier jaar gelede en sal die regering nou niemand daarvoor kan vervolg nie.

Carla van der Vyfer, uitvoerende hoof van die SuidAfrikaanse Roofdiertelersvereniging, het gese die feite in die video is nie korrek nie.

James Quin, die professionele jagter wat die jagtog gereel het, het gese die jag was wettig en alle permitte was reg. Hy het hierna die telefoon neergesit.

Die video is deur die nieregeringsorganisasie Blood Lions en Captured in Africa in sosiale media versprei.