Skip to content

Mak SA leeus ‘stap na jagter’

Elise Tempelhoff Elise Tempelhoff Twee tot drie “geblikte”, halfmak leeus word elke dag in sogenaamde “trofeejagte” in Suid-Afrika doodgeskiet.

Die leeus is gewoond aan mense en is so mak dat hulle as’t ware na die jagter aangestap kom om geskiet te word.

Dis die verhaal van tot 8 O00 “geblikte” leeus wat in die dokumentére rolprent Blood Lions weergegee word. Dis Woensdagaand in Gauteng uitgereik.

Pippa Hankinson, vervaardiger van die rolprent, sé Blood Lions is gemaak met die doel om die waarheid agter die “wrede, onetiese” bedryf in Suid-Afrika aan mense wéreldwyd oor te dra.

“Ek het vier jaar gelede ‘n private leeutelery in die Vrystaat besoek. Om te sé ek was geskok, is om dit sagkens te stel. Die beeld van 😯 leeus wat in klein kampies aangehou word, het my erg ontstel. Hul stres was voelbaar en die re- sultaat van inteling duidelik sigbaar. Ek het eers later uit- gevind daar is sowat 8 O00 van hulle wat oral op plase land- wyd woon. Hulle word geteel vir ‘n bedryf wat vir die ele- naars en jagondernemings mil- jarde aan inkomste verseker.”

Volgens Hankinson is bale min van die plase vir gewone mense toeganklik en daarom weet bitter min Suid-Afrikaners wat daar aangaan.

Ian Michler, veldgids, spesialisnavorser en verteller in die rolprent, het die begin van die bedryf in die 1990’s meegemaak. Die regering is destyds vergeefs gevra om in te gryp en dit te stop.

Volgens Michler moet die bedryf in die kiem gesmoor word en al dié plase hul bedrywighede staak. Die uiteinde sal wees dat tussen 7 O00 en 8 O00 leeus van kant gemaak sal moet word.

“Hu11e het géén bewarings- waarde nie en sal nooit weer in die natuur vrygelaat kan word nie.”

Prof. Pottie Potgieter, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging, stem nie saam nie en sé in die rolprent leeus wat in gevangen- skap geteel is, red Wilde leeus van uitwissing. Mense jag eerder dié leeus as Wilde leeus.

Karen Trendler, spesialiswildverpleegster, is uiters bekommerd oor die diere se welsyn. Van die welpies word volgens haar drie dae na geboorte van die wyfie weggeneem sodat sy dadelik weer bronstig raak. “S6 word sy ‘n teelmasjien.”

Die welpies word hans grootgemaak en veral oorsese jong- mense kom help versorg hulle. “Baie min van hulle besef aan- vanklik dat hulle bydra tot die groei van dié wrede bedryf.”

Van hulle kom dit wel agter en is gewoonlik erg ontnugter, sé Trendler.

Volgens haar val “geblikte” leeus tussen die krake in departemente en wetgewing deur. Die departement van om- gewingsake hou vol hy bemoei hom net met die welsyn van Wilde leeus en het dié halfmak diere oorgegee aan die departement van landbou, bosbou en visserye, wat ook nie presies weet wat om met hulle aan te vang nie.

“Intussen groei die bedryf feitlik daagliks,” sé Trendler.

Derek Hanekom, minister van toerisme, met wie ‘n onderhoud ook in die rolprent gevoer word, sé dié bedryf kan Suid-Afrika se beeld erg benadeel. Sy department kan dit egter nie reguleer nie. I Aktiviste wil trofeejag laat verbied – bl. 5 Hulle het giiiin bewaringswaarde nie.