Die koning van die oerwoud is Sondagaand op die COP17beraad in Sandton tot ‘n “sak waardelose bene” gereduseer.
So het die nieregeringsorganisasie Blood Lions Official gisteroggend getwiet oor die konven sie oor die internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) se besluit dat die liggaamsdele van SuidAfrika se geblikte leeus uitgevoer mag word.
Cites het wel bepaal dat die beendere, tande en pote van wilde leeus wat aan natuurlike oorsake dood is nie na Asie uitge voer mag word nie.
Maar hy is nie gekant daarteen dat die liggaamsdele van die sowat 8 000 geblikte leeus wat in klein kampies in SuidAfrika geteel word, gebruik word nie.
Dit was ondanks die Wereldbewaringsunie (IUCN) se beroep op SuidAfrika om die geblikteleeubedryf te staak.
Karen Trendler van Four Paws se dit is ‘n tragedie.
“Dit is ‘n ontnugterende besef dat Cites ‘n handelsorganisasie is en dit [COP171 ‘n spel is wat om politieke getalle wentel.”
Edna Molewa, minister van omgewingsake, het die IUCN se beraad bygewoon wat in September in Hawaii gehou is.
People Against Canned Hunting (Pach) het getwiet: “Dankie, Cites. Panthera leo sal teen 2030 uitsterf.”
Leeus word intensief op nagenoeg 200 SuidAfrikaanse plase, Koning van oerwoud nou ‘n ‘sal( waardelose bene’ Elize Tempelhoff veral in die Vrystaat, Noordwes en Limpopo, geteel.
Molewa se dit is nie onwettig om wild in SuidAfrika te teel nie. Sy beskou dit as “volhoubare benutting”. Sy se die welsyn van die leeus in gevangenskap bekommer haar tog en haar departement ondersoek dit.