Skip to content

Iagvereniging kan bande verbreek met dié boere

Iagvereniging kan bande verbreek met dié boere

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) gaan moontlik sy bande verbreek met boere wat leeus in gevangenskap teel, deels omdat van die diere in hag- like omstandighede aangehou word.

Herman Meyeridicks, president, het Sondag gese Phasa is nie gemaklik oor die leeubedryf nie, maar sal nie “brue verbrand nie”. Openbare druk speel ook ‘n rol in die besluit, het hy erken.

Meyeridicks het Vrydag in ‘n verklaring gese Phasa se net meer as 1 000 lede sal in Novem- ber ‘n finale besluit daaroor moet neem.

Die veldtog teen trofeejag, met die klem op “geblikte-1eeujag”, het sterker geword.

“In my gesprekke met die me- dia en die gemeenskap is dit dui- delik dit is nie net meer ‘n klein groepie ‘spraaksame’ diereregte- aktiviste wat teen die jag van leeus in gevangenskap gekant is nie.

“Selfs in eie geledere en in die res van die jagbedryf laat geres- pekteerde stemme hulle in die openbaar hierteen uit.”

Linda Park, direkteur van die Campaign Against Canned Hun- ting (Cach), het Meyeridicks se verklaring verwelkom.

Sy het gese die stryd om die ge- blikteleeubedryf tot niet te maak duur al 17 jaar.

  • Daar is tussen 6000 en 7000 halfmak leeus in gevangenskap op teelplase in Suid-Afrika.
  •  ‘n Rolprent, Blood Lions, wat die bedryf oopvlek, word nou in teaters in Suid-Afrika vertoon.