Moetiemark in Jhb skok Cites groep

Erg bedreigde diere se liggaamsdele te koop

Die ietermagogskubbe en die die velle, bene en tande van leeus en luiperds wat op ‘n mark in die Johannesburgse middestad verkoop word, het ‘n groep afgevaardigdes na die COP17-beraadna hul asem laat snak.

Die groep het videomateriaal en dit aan Ian Mi chler, een van vervaardigers van Blood lions, gegee.

Michler se die mense was uiters geskok om die liggaamsdele te sien van de bedreigde en kritiek bedreigde diere waaroor daar in die konferensielokale in Sandton gepraat word.

“Hier, minder as 15 km van die konferensiesentrum, sien hulle die karkasse van die einste diere wat nie verhandel mag word nie.

“Kan jy dink hoe geskok hulle was?”

In die video, wat sowat vyf minute lank is, kan die skedel van ‘n hiena en die karkasse van aasvoels gesien word.

Die mense wat die video geneem het, wil glo anoniem bly. Michler het dit op die nie-regeringsorgansasie Blood Lions se Facebookblad geplaas.

Op die video kan gehoor en gesien word hoe mense na hul asem snak toe hulle na die karkasse van die ietermagogs, leeus en luiperds kyk.

Dit is veral die Faraday Muthi-mark in die middestad wat hul oe laat rek het.

Die ietermagog is verlede wwek in bylae 1 van die konvensie oor die internasionale handel in bedreigde spesies aangeteken. Die beteken daar is nou ‘n verbod op alle handel in die dier of liggaamsdele van die dier.

Geen luiperds mag op die oomblik in SuidAfrika gejag word nie omdat niemand weet hoeveel van hulle nog oor is nie.

Leeus het in bylae 2 ook ‘n mate van berskermde status en mag nie sonder ‘n permit gejag word nie. As iemand ‘n leeu wil verkoop, moet hy ‘n permit daarvoor he.

 permitte nie.

Andrew Mbhalati van die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling se hy is nie seker of ampte ters van die afdeling vir biodiversiteit al op die Faraday Muthi-mark oegeslaan het nie.

Hy se die wetstoepasser wat verantwoordelik is, is tans met verlof. Sy lynbestuurder, by wie hy antwoorde moet kry, is met siekteverlof.

Hy se sy kollegas behoort Maandag weer op kantoor te inligting oor die mark kry.

Michler se dit is ironies dat SuidAfrika oenskynlik (veral in Gauteng)  nie genoeg wetstoepassers het nie, terwyl die departement van omgewingsake R132 miljoen daaraan bestee het om die Citeskonferensie in Johannesburg aan te bied.

As die departement regtig ernstig is oor die bewaring van die land se bedreigde wild, sou hy daardie geld gebruik het om nog wetstoepassers aan te stel, se hy.

Blood Lions gaan die saak beslis nie net daar laat nie. “Ons gaan na nog markte in die stad en oor die land heen soek en foto’s neem.”

Wildboere brul van plesier oor leeubene

Omgewingsaktiviste brul van woede en wildboere brul van plesier oor die afgelope week se besluit wat die uitvoer van leeubene toelaat.

Die konvensie oor die internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) het Maandag op die COP17beraad in Sandton besluit om die uitvoer van leeubene goed te keur.

Boere kan so tot R35 000 per leeukarkas verdien.

“Daar is nou ongelooflike valuta op pad na ons leeuboere,” se Carla van der Vyver, uitvoerende hoof van die SuidAfrikaanse Roofdiertelersvereniging.

“Ek ondersteun dit, want dit gaan maak dat daar nou meer leeus in SuidAfrika gaan wees.”

Na verwagting sal private wildplase hul leeubevolkings drasties aanvul sodat buitelandse jagters hul leeus vir uitvoer kan kom skiet.

Volgens die departement van omgewingsake se bestuursplan vir biodiversiteit onder leeus is daar tans sowat 3 400 leeus in reservate en meer as 6 000 “ge blikte” leeus op sowat 200 plase.

Christo Gomes (52), ‘n wildhoer van BelaBela, het sowat 200 leeus wat hy gaan vermeerder aangesien hy die dooies se bene kan verkoop.

“Die hoofdoel is om die waarde van die dier te beskerm. Hoe meer waarde jy aan horn heg, hoe meer diere kan jy aanhou en teel. Ons gebruik alles wat ‘n leeu ons bied en si5 gaan daar aan die einde van die dag meer van die spesie beskikbaar wees,” se Gomes.

Die VSA het in Desember ‘n verbod geplaas op opgestopte leeutrofee wat jagters na ‘n skietvakansie hier kan terugneem.

“Ek weet van vier wildplase wat elk meer as 50 mense moes afdank omdat hul leeus nie meer in aanvraag was nie,” se Van der Vyver. “Gewoonlik gee boere die reste van ‘n jag weg, en veral sangomas vind baat daarby.”

‘n Splinternuwe probleem het sO opgeduik: moetiemoorde op “geblikte” leeus.

“Nou word leeus links en regs vergiftig en onthoof, want daar word nie meer vir die moetiemark voorsien nie,” se Van der Vyver.

Volgens Gomes ly reservate nie hieronder nie. “Stropers weet nie waar leeus snags in die wildtuin rondkruip nie,” se hy. “SO ‘n leeu sal jou opvreet nog voordat jy vir horn gifvleis kan voer. By private kampe, soos my plek, gooi hulle die gif maar net oor die draad.”

Gomes het in Mei sy beste teel mannetjie, ter waarde van sowat R300 000, so verloor.

Sedert Desember is 30 leeus al deur moetiestropers landwyd doodgemaak.

Ian Michler, ‘n vervaardiger van die dokumentere fliek Blood Lions, het die week die fliek aan COP17beraadgangers gewys sodat mense “weer kan dink” oor die besluit oor leeubene.

In die fliek wys Michler plase uit waar leeus nie vrylik genoeg kan rondbeweeg nie en op kort afstand doodgeskiet word.

Van sy grootste kritiek is wildboere wat hul leeus “inteel”: “Oosterlinge verkies die smaak van wilde leeus se bene en daarom sal `geblikte’ leeus nie goed genoeg daar verkoop nie.”

Gomes se die bewerings is “alles nonsens”.

“As jy nie genoeg ruimte het nie, mag jy volgens wet nie leeus aanhou nie,” se hy.

“Jy moet te voet jag (wat kortafstandskote uitkanselleer). jy mag glad nie eens van ‘n bakkie af skiet nie, tensy jy gestremd is.

“Ons sal ook nooit ingeteelde leeus kan aanhou nie. Onthou, ons skiet vir trofee hien Dit beteken ons soek groter leeus met mooier hare, groter skedels en groter struktuur. Ons voer selfs leeus van die buiteland af in om die genepoel te vergroot.”

Hy lag kliphard oor die “smaak” van wilde leeus se bene.

“Dit is so goed jy probeer vir my vertel ‘n SuidAfrikaner het nie dieselfde soort bene in sy lyf as ‘n Amerikaner nie,” se Gomes.

Chris Mercer, direkteur van Campaign against Canned Hunting (Cach) se daar is een ding waarby ‘n mens nie verby kan kyk nie: “Hierdie is nog steeds maar net ‘n sakemodel wat geskoei is op ‘n roetine van wreedheid.”