Die leeujagbedryf het vanjaar wêreldwyd opskrifte gehaal ná die Amerikaner, Walter James Palmer, tot groot omstredenheid Cecil die Leeu in Zimbabwe geskiet het.
Op eie bodem het die dokumentêr Blood Lions die tonge laat klap. Hierin word daar gewys hoe leeus in haglike omstandighede leef én mishandel word. Geblikte leeujag lok ook groot omstredenheid uit met meer as 1000 leeus wat jaarliks op hierdie wyse geskiet word.
Kenners is dit eens: Dit is tyd om die leeubedryf in orde te kry. Daarom het die South African Predator Breeding Association (SAPBA) vir Prof Melville Saayman en sy span by TREES (Tourism Research in Economic Environs and Society) by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus genader om na die waarde van die leeubedryf in Suid-Afrika te kyk. Dié studie, wat meestal op die hoofteelareas van Noordwes en Vrystaat gefokus gaan wees, gaan ook kyk hoeveel leeus daar in die bedryf is, want syfers wissel tussen 4000 en 6000.
“? Verbod op jag in Zimbabwe en die gepaardgaande verlies van inkomste vir Zimbabwiërs beteken dat sowat 2.3 miljoen kinders nou van nodige hulpmiddele ontneem is. Dit beteken dat die onderwyssektor daaronder ly, dit beteken dat brood uit hul borde geneem word. Dit beteken dat 2.3 miljoen kinders slegter daartoe af is en hul klaar lae lewensgehalte nóg verswak het oor ? ondeurdagte besluit deur die regering,” sê Saayman.
“Ons sien klaar dat stropery toeneem en ons sien reeds dat werkloosheid toeneem. Dit is nie ? gesonde situasie nie.”
Volgens Saayman het die Blood Lions dokumentêr die bedryf se prentjie ietwat skeef getrek, maar ook daarin geslaag om die kollig op misdrywe, wat uitgewis moet word, te plaas.
“Blood Lions het ? slegte indruk oor die bedryf geskep en een van ons uitdagings gaan wees om dit reg te stel. Daar is ongewenste praktyke wat die hele bedryf skade aandoen. Dit kan egter slegs aan ? paar persone toegeskryf word, maar dit ly tog daartoe dat daar wanpersepsies oor die bedryf geskep word. Daar is een of twee vrot appels in die leeuhok.”
Saayman sê verder dat Suid-Afrika se leeupopulasie ver daarvan is om gevaarligte te laat flikker, maar meer kan gedoen word om leeus effektief te versprei asook beter te benut.
“Ons gaan ook kyk waarheen gaan die oorskot leeus heen want daar moet gekyk word wat sal die beste vir die mark wees. Sommige van die leeus moet terug parke toe gaan en sommiges moet aan nuwe gebiede voorgestel word om die genepoel te verbeter. Ons het ? gesonde getal leeus in die land en danksy ons teelprogramme sit ons nie met ? gevaarsituasie nie, maar ons moet kyk na wat met die oorskot leeus gebeur,” verduidelik hy.
“Daar is verskeie moontlikhede wat die oorskot leeus betref. Hulle kan ? opvoedkundige doel dien, hulle kan ? groot rol in ekotoerisme speel, soos om met leeus te stap en soos genoem kan hulle rondgeskuif word om die genepoel in die land te versterk. Dan kan ons ook natuurlik leeus na lande waar daar ? tekort is uitvoer. Dit sal wel behels dat hierdie lande die versekering moet gee dat daar na die leeus gekyk sal word. Ons het dit in die verlede gedoen, maar toe word die diere gestroop.”
Saayman het ook SAPBA se toewyding tot die verbetering van die bedryf asook hul wedywering vir ? beter toekoms vir leeus in die land geprys: “Cecil het die bedryf baie seer gemaak. Blood Lions het die bedryf seer gemaak. Deur die beroep vir hierdie studie wys dit wel dat die bedryf ernstig is om vrot kolle uit te wis en dit sal tot voordeel van die hele bedryf wees.”