Die leeujagbedryf het vanjaar wereldwyf opskrifte gehaal na die Amerikaner, Walter James Palmer, te midde van groot omstredenheid, Cecil die leeu in Zimbabwe geskiet het.
Lynette van Hoven Leeube wil sy huis in orde kry Die leeujagbedryf het vanjaar wereldwyd opskrifte gehaal ná die Amerikaner, Walter James Palmer, te midde van groot omstredenheid, Cecil die leen in Zimbabwe geskiet het. Op eie bodem het die dokumenter Blood Lion die tonge laat klap. Hierin word daar gewys hoe leeus in haglike omstandighede leef en mishandel word.
Geblikte leeujag lok ook groot konsternasie uit met meer as 1 000 leeus wat jaarliks op hierdie wyse geskiet word. Kenners is dit eens: Dit is tyd om die leeubedryf in orde te kry. Daarom het die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging (SAPBA / South African Predator Breeders Association) vir prof Melville Saayman en sy span by die Tourism Research in Economic Environs and Society (Trees) by Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus genader om na die waarde van die leeubedryf in SuidAfrika te kyk. Die studie, wat meesal op die hoofteelareas van Noordwes en Vrystaat gefokus sal wees, gaan ook kyk hoeveel leeus daar in die bedryf is, want getalle wissel tussen 4 000 en 6 000.
”n Verbod op jag in Zimbabwe en die gepaardgaande verlies van inkomste vir Zimbabwiers beteken dat sowat 2.3 miljoen kinders nou van nodige hulpmiddele ontneem is. Dit beteken dat die onderwyssektor daaronder ly en dat brood uit hub borde geneem word. Hub reeds lae lewensgehalte het nog verswak as gevolg van ‘n ondeurdagte besluit deur die regering,” se Saayman.
“Ons sien klaar dat wildstropery toeneem en dat werkloosheid toeneem. Dit is nie gesonde situasie nie.”
Volgens Saayman het die Blood Lions-dokumenter die prentjie ietwat skeefgetrek, maar ook daarin geslaag om die kollig op misdrywe, wat uitgewis moet word, te plaas.
“Blood Lions het ‘n slegte indruk van die bedryf geskep en een van ons uitdagings gaan wees om dit reg te stel. Daar is ongewenste praktyke wat die hele bedryf skade aandoen. Dit kan egter slegs aan paar persone toegeskryf word, maar dit lei tog daartoe dat wanpersepsies oor die bedryf geskep word. Daar is een of twee vrot appels in die leeuhok.”
Saayman se verder dat Suid-Afrika se leeupopulasie ver daarvan is om gevaarligte te laat flikker, maar meer kan gedoen word om leeus doeltreffend te versprei asook beter te benut.
“Ons gaan ook kyk waarheen die oorskot leeus gaan, want daar moet ondersoek word wat die beste vir die mark sal wees. Sommige van die leeus moet terug parke toe gaan en sommiges moet aan nuwe gebiede voorgestel word om die genepoel te verbeter. Ons het ‘n gesonde getal leeus in die land en danksy ons teelprogramme sit ons nie met ‘n gevaarsituasie nie, maar ons moet kyk na wat met die oorskot leeus gebeur,” verduidelik hy.
“Daar is verskeie moontlikhede wat die oorskot leeus betref. Hub be kan opvoedkundige doel dien, hub be kan groot rob in ekotoerisme speel, soos om met leeus te stap, en soos genoem kan hulle rondgeskuif word om die genepoel in die land te versterk. Dan kan ons ook natuurlik leeus uitvoer na lande waar daar tekort is. Dit sal web behels dat hierdie lande die versekering moet gee dat daar na die leeus gekyk sal word. Ons het dit in die verlede gedoen, maar toe word die diere gestroop.”
Saayman het ook SAPBA se toewyding aan die verbetering van die bedryf asook hub wedywering vir beter toekoms vir leeus in die land geprys. “Cecil het die bedryf baie seergemaak. Blood Lions het die bedryf benadeel. Deur die beroep vir hierdie studie wys dit web dat die bedryf ernstig is om vrot kolle uit te wis en dit sal tot voordeel van die hele bedryf strek.”