Skip to content

‘Verligting’ oor geblikte leeus

Die geblikte leeubedryf in SuidAfrika mag voortgaan.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het Dinsdagmiddag op die laaste mediakonferensie van Cites se COP17beraad gese leeuboere sal hul teelgeriewe nou by Cites moet registreer as hulle leeubeendere na die Ooste wil uitvoer. Leeubeendere sal net met Citespermitte uitgevoer mag word.

Carla van der Vyver, uitvoerende hoof van die SuidAfrikaanse Roofdiertelersvereniging, het gese die leeubedryf is “baie verlig en bly” dat hulle nie gesluit gaan word nie en dat hulle met hul sake kan voortgaan.

Ian Michler van Invent Africa, wat hom sedert 1997 daarvoor beywer dat die bedryf gesluit moet word, het gese dit is skokkend dat Cites SuidAfrika toelaat om met leeus en ander wild te teel.

Dit is veral “onbegryplik” dat Cites Saterdag besluit het genie we waar tiers in China geteel word, moet gesluit word.

Die Environmental Investigating Agency (EIA) het op die beraad gese navorsing wat hulle gedoen het, het gewys dat die teel van tiers in aanhouding en die verhandeling van hul beendere, tande en pote stropery van wilde tiers laat toeneem het.

Volgens Molewa het “wetenskaplike navorsing” in SuidAfrika gewys die teel en verhandeling van leeus se beendere, tande en pote is ‘n “bewaringsinstrument” vir die land se sowat 4 000 wilde leeus.

Sy meen dat die tussen 6 000 en 8 000 halfmak leeus in die vraag na die dier se skelet in die Ooste kan voorsien.

Molewa het voorts gese haar departement en die departement van landbou, bosbou en visserye wat tans die bedryf “reguleer”, is besig om gesamentlik wetgewing op te stel wat ten doel het om na die welsyn van die geblikte leeus om te sien.

Die welsynsaspekte wat betref die wyse waarop leeus geteel, in hokke aangehou en doodgemaak word, is egter vir haar ‘n bron van kommer.

Sy meen steeds dat die diere as trofee gejag mag word, maar dat streng regulasies moet geld.

Volgens haar doen elke provinsie nou “net wat hy wil” wanneer leeujagtogte onderneem word. Die departement van omgewingsake bepaal dat ‘n halfmak leeu net in ‘n plek van 1 000 ha vrygelaat moet word voordat hy gejag mag word. Die dier mag ook nie van ‘n bakkie gejag word, met aas gelok word of bedwelmd wees nie.

Die departement onderhandel nou met die departement van landbou, bosbou en visserye dat leeus wat in aanhouding geteel is, tyd gegun word om “weer wild te raak” sodat hulle ‘n regverdige wegkomkans het wanneer hulle gejag word. Sodanige tydperk kan enigiets van een tot twee jaar wees. “Die tydperk sal met ons susterdepartement onderhandel word,” het sy gese.

Van der Vyver het gese ‘n leeuskelet (met die kop aan) is sowat R25 000 werd.

Michler, een van die vervaardigers van die opspraakwekkende dokumentere rolprent Blood Lions, het gese hul veldtog teen die onetiese bedryf gaan verskerp word.