Kapoet kussingvoet Uit soos ‘n kers … Die leeumannetjie is verlede week van die private wildreservaat AndBeyond Phinda in KwaZuluNatal na die Somkhandareservaat in die provinsie verskuif. Die projek, wat deur Wildlands, Empowers Africa en ander groepe ondersteun word, is deur die dokumenthe rolprent Blood Lions geInspireer. Die leeus word eers in ‘n afgesperde gebied gehou sodat hulle aan hul nuwe omgewing gewoond raak voordat hulle in die reservaat van 30 000 ha vrygelaat sal word. Leeus het voorheen natuurlik hier voorgekom, se David Gilroy, Wildlands se strategiebestuurder. Nathi Gumbi van die Gumbistam en Wildlands se strategiebestuurder vir gemeenskapsbetrokkenheid in die noorde van KwaZuluNatal se die gemeenskap verwelkom die leeus. Dit skuif die fokus na oplossings om leeus se toekoms te verseker, se Gumbi.