Skip to content
Geblikte leeujag en leeuplase skend Suid-Afrika se naam in die buiteland. Daarom het Derek Hanekom die Suid-Afrikaanse Toerisme-agentskap (SA Toerisme) opdrag gegee om gen advertensies te ondersteun of te plaas wat reklame aan die bedryf gee nie.

Derek Hanekom, minister van toerisme, se onom-wonde: Ons moet wegbe-weeg van ‘n myngesen-treerde ekonomie na ‘n toerisme-ekonomie. “Dit gaan ‘n tydjie neem om ons mense daarvan te oortuig dat baie meer, beter en volhoubare werk deur toerisme geskep word as deur mynbou.”

Hanekom trap versigtig as hy praat oor omstrede onderwerpe waaroor hy geen beheer het nie: 5005 geblikte leeujag wat deur die departement van landbou, bosbou en visserye gereguleer word. Dan het hy ook glad nie ooghare vir trofeejag nie. Hieroor kan hy ook nie veel se nie, omdat dit binne Edna Molewa, minister van omgewingsake, se portefeulje val. “Nee,” se hy en keer terug na die onderwerp van geblikte leeujag. “Dit lyk dan so lekker om ‘n wollerige leeuwelpie vas te hou. Wie sal dit dan nou nie wil doen nie? Maar ek se jou, dit is ‘n doodskoot vir daardie leeu.”

Hy is bewus van honderde vry-willigers wat in die verlede na Suid-Afrika gestroom het om op leeuplase te kom help, maar se-dert die dokumentere rolprent Blood Lions in teaters oor die we-reld heen vertoon is, het mense se oe “hopelik” oopgegaan, se hy.

“Trofeejag is ook nie goed vir Suid-Afrika se beeld nie.”

Toeriste wat na Suid-Afrika kom, wil lewendige wild sien. Hulle wil op safari gaan, gholf speel en aan bergfietswedrenne deelneem. Hulle is ook gaande oor Suid-Afrikaanse kos en wyn.

Hy verwys na ‘n ander soort besoeker wat deesdae hierheen kom om ‘n “mediese toer” te on-derneem. “Ons noem dit mediese toerisme. Mans en vroue kom na Suid-Afrika vir kosmetiese chi-rurgie.” En met die rand wat nou so swak is, is kosmetiese chirur-gie vir die Britte en Amerikaners baie bekostigbaar, se hy.

Oor die konflik tussen Suid-Afrika se natuurlike en kulturele erfenis en mynbou is Hanekom baie bekommerd. “Kyk wat het by iSimangaliso gebeur,” se hy.

As aktiviste en die regering nie die beoogde titaanmynbedrywig-hede summier gestop het nie, sou iSimangaliso nooit in 1999 we-relderfenisstatus gekry het nie.

Die gesprek beweeg na Mapun-gubwe, nog een van Suid-Afrika se ikoniese Werelderfenisgebiede waar die departemente van om gewingsake en minerale bronne mynbou in die buffergebied toe-gelaat het. Die Verenigde Nasies se konvensie vir onderwys, kul-tuur en wetenskap (Unesco) het gedreig om Mapungubwe van sy Werelderfenisstatus te stroop. ‘n Heelwat kleiner buffergebied is toe rondom Mapungubwe gepro-klameer. Hanekom erken hierdie aspek en die stryd om die behoud van Mapungubwe se status is nooit binne die departement van toerisme bespreek nie.

Dit het hom beslis aan die clink gesit. Hy voeg by Suid-Afrika het meer aktiviste nodig om bedrei-gings vir werelderfenisgebiede en ander natuurreservate onder sy aandag, asook onder die van sy departement, te bring.

Mynbou in opvangsgebiede, soos die van die Olifantsrivier in Mpumalanga, is ook verkeerd en skaad die Suid-Afrikaanse land-skap en die land se water.

Hy noem ook dat toerisme na Suid-Afrika aan die einde van 2014 ‘n geweldige afname gewys het weens die ebola-krisis in Wes-Afrika, weens die xenofobie-se aanvalle in Suid-Afrika en die debakel rondom visums.