Skip to content

Fliek mislei oor geblikte leeus

‘n Private reservaat naby Bloemfontein wat in die dokumentere rolprent Blood Lions met die teel van “geblikte leeus” verbind word, het gister nog ‘n kans gekry om sy reputasie te herstel.

Regter Eunice Mokgohloa het vroeer in die hooggeregshof in Pietermaritzburg ‘n aansoek van die Zanchieta Wild Cat Farm om die verdere verspreiding van die rolprent te verbied en ook dat beeldmateriaal van drie van Zanchieta se leeus uit die rolprent en sy lokprent gehaal moet word, van die hand gewys.

Gister het Zanchieta in die hooggeregshof in Polokwane, waarvan Mokgohloa nou die adjunkregterpresident is, verlof gekry om teen die uitspraak te appelleer.

Zanchieta gaan nou voor ‘n volbank in die hooggeregshof in Pietermaritzburg teen die uitspraak appelleer.

Intussen berei Willie Botha van Willie J. Bothaprokureurs in Bloemfontein dagvaardings vir skadevergoeding van honderdduisende rande voor teen Regulus Vision, die vervaardigingsmaatskappy in Durban, en die agt trustees van Wildlands Conservation Trust, uitvoerende vervaardiger van die rolprent, weens die verliese wat Zanchieta ly.

Luidens Zanchieta se hofstukke herken mense die leeus William Wallace, Kalahari en Okavango in die rolprent en advertensiemateriaal, hoewel n6g Zanchieta n6g die leeus se name in Blood Lions genoem word.

Die indruk word daarin gewek dat die drie leeus “geblikte leeus” is.

Sedert die uitreiking van die rolprent en sy lokprente weier agente om buitelandse vrywilligers wat betaal om met die wilde diere te werk na Zanchieta te verwys.

Zanchieta maak vir sy voortbestaan op die inkomste uit vrywilligers staat.

In ‘n hofverklaring van Lizette van Schalkwyk, eienaar van Zanchieta, blyk dit Pippa Hankinson, vervaardiger van die rolprent, en Ian Michler, verteller in die rolprent, het Jeanna Gous, ‘n werknemer van Zanchieta, mislei toe hulle die plaas middel 2014 besoek het.

Hulle het ‘n onderhoud met Gous en ‘n begeleide toer op die plaas vir navorsingsdoeleindes gevra.

Zanchieta se Michler se vertellings en “waarnemings” in die rolprent is nie waar nie en word uit verband geruk. Dit is nie ‘n ware weergawe van wat Gous aan hom in die onderhoud se nie.

Sy stel dit duidelik dat Zanchieta op geen manier by “geblikte leeus” betrokke is nie en sulke praktyke nie goedkeur nie.