Geblikte leeujag se dae is amper getel. Suid Afrika

Die geblikte leeujag- en teelbedryf in Suid-Afrika, waarby nagenoeg 8 000 leeus betrokke is, moet oor minder as vier jaar finaal deur die staat beëindig word, eis omgewingbewaringsorganisasies. Volgens die Wildlands Bewaringstrust is die Internasionale Bewaringsunie (IUCN) ook by die veldtog betrek. Die uitvoerende hoof van Wildlands, Andrew Venter, eis dat die departement van omgewingsake onmiddellik verantwoordelikheid vir die geblikte leeubedryf moet neem, en dit teen 2020 finaal moet sluit.

Venter was ook betrokke by die vervaardiging van die dokumentêre rolprent, Blood Lions. Nog ‘n organisasie, Capture in Africa, se uitgangspunt is dat leeus wild moet bly en dat halfmak leeus in die bedryf op kortafstand gejag word.

Volgens Venter het talle toeroperateurs, wat in Afrika werk, al skriftelik onderneem om nie besoekers na leeuplase te neem nie. Die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging het ondertussen in ‘n verklaring gesê Walter Slippers, die eienaar van die uitgeteerde leeus waaroor in die media berig is, is nie ‘n lid van hul organisasie nie. Die vereniging het egter met skok kennis geneem van die haglike toestand waarin die leeus is en lede het uiteindelik 8 ton bevrore hoenders na die plaas op Alldays aangery. Die organisasie het diereregte-aktiviste daarvan beskuldig dat hulle sosiale media misbruik vir “goedkoop verdagmakery” van leeuboere. ( Die Vryb)

Die aansoek deur Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente teen die invoerbeperkings wat in Namibië ingestel is om die plaaslike bedryf te beskerm, het in Windhoek se hoërhof misluk.

‘n Namibiese regter het Vrydag beslis die aansoek van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging en vyf ander maatskappye betrokke in die buurland se pluimveebedryf teen die beperkings op invoere wat gedurende April 2013 ingestel is, was te laat ingedien. Die gronde vir die regsgeding is die kennisgewing wat gedurende April 2013 deur die minister van handel en nywerheid gepubliseer is en waarvolgens sekere kwantitatiewe beperkings op die invoer van pluimveeprodukte na Namibië ingestel is.

In terme van hierdie beskermingingsmaatreël vir Namibië se ontluikende pluimveebedryf mag nie meer as 900 ton pluimveeprodukte per maand na Namibië ingevoer word nie. Ueitele het die aansoek deur die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging en die Suid-Afrikaanse pluimvee-uitvoerders Astral Foods Beperk, Crown Chickens (Edms.) Bpk., Sovereign Foods, Agri Poultry (Edms.) Bpk. en Rainbow Farms (Edms.) Bpk. teen Namibië se minister van handel en nywerheid, die regering, die Namibiese Pluimveebedryf (Edms.) Bpk. en die Namibiese Vleisraad van die hand gewys. Die Suid-Afrikaanse aansoekers het die hof versoek om die beperkings op hoenderinvoere na Namibië te hersien en op te hef, sonder sukses.

Kleinhandelverkope vertoon steeds sterk te midde van moeilike ekonomiese toestande. Syfers van Statistieke Suid-Afrika toon dat verkope op ‘n maand-tot-maand grondslag met 3,4% gestyg het, wat sy hoogste vlak op ‘n kwartaallikse basis sedert 2012 is. Ekonome sê hulle is ontkant gevang deur die goeie verkoopsyfers.

Vrystaat Landbou (VL) het ‘n weer beroep op boere gedoen om hul beveiliging op plase te prioritiseer. Die oproep kom nadat ‘n dokter en sy vrou onlangs op hul plaas, Halfkroonsdrift, buite Kroonstad aangeval is.Die voorsitter van VL se wet en orde komitee, Tommie Esterhuyse, het die aanval op ‘n weerlose vrou as ‘n daad van lafhartigheid beskryf. Hy het boere gemaan om meer paraat te wees in die lig van die komende munisipale verkiesings. Esterhuyse meen uitlating deur sekere politici in hul onderskeie verkiesingsveldtogte moedig aanvalle en ander misdade op plase aan.Hy sê uitlatings en beloftes wat deur bepaalde politici gemaak word oor grondhervoring en onwettige grondbesettings skep ‘n klimaat vir aanvalle en ander misdade deur misdadigers op plase.

Die meeste Chinese verkies Suid-Afrika se makadamias op grond van hul goeie gehalte, sê mnr. Yu Zhongwu, voorsitter van die Lin’an Nuts & Roaster Association in China. Hy het op ’n onlangse Suid-Afrikaanse makadamianeut-seminaar in Sjanghai vertel dat hy Suid-Afrika al besoek het en beïndruk was met die land se makadamiabedryf.

Hoewel Suid-Afrika die wêreld se grootste uitvoerder van makadamianeute is en sowat 50% van sy uitvoerneute vir die Verre-Ooste bestem is, moet daar gekyk word na beter handelsvoorwaardes tussen Suid-Afrika en China.

Mnr. Walter Giuricich, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Makadamiakwekersvereniging (Samac), sê China hef slegs 14,9% invoerbelasting op Australiese makadamianeute danksy die Sino-Australiese vryehandelsooreenkoms. Dié tarief gaan oor vyf jaar heeltemal afgeskaf word, terwyl Suid-Afrika steeds 19% invoerbelasting op sy neute vir China betaal.

“Ons regerings sal moet saamwerk om te verseker dat Chinese verbruikers op lang termyn steeds Suid-Afrikaanse neute kan geniet,” sê Giuricich. ( Lees meer op Landbou.com)

n Simposium oor die toepassing van die nuutste bemestingsriglyne vind op 27 Julie in Pretoria plaas.

Die praktiese toepassing van die nuutste bemestingsriglyne gaan bespreek word op ’n simposium wat op 27 Julie deur die sambreelliggaam vir die kunsmisbedryf, Fertasa, in Pretoria gehou word. Mnr. Adam Mostert, hoof uitvoerende beampte, sê die tema sluit aan by die bekendstelling van die hersiene uitgawe van die Bemestingshandleiding/Fertilizer Handbook, waarin die riglyne uitgestippel word.(Lees meer op Landbou.com)

Pieter Smit is onlangs as die nuwe bemarkingsbestuurder van saad en biotegnologie by Monsanto Suid-Afrika aangestel. Hy volg Gert Heyns, die voormalige bemarkingsbestuurder van Monsanto, op, nadat Gert na twintig jaar diens by Monsanto afgetree het. Pieter het in 2008 as landboukundige by Monsanto begin werk en in 2014 by hul bemarkingspan as produkbestuurder vir onder meer mieliesaad aangesluit voordat hy in 2016 tot bemarkingsbestuurder bevorder is.Hy het diere- en plantwetenskappe aan die Universiteit van Noordwes gestudeer en ook sy honneursgraad aan dié universiteit behaal. Hy woon tans in Krugersdorp.

Sakkie Ngrini skryf;   Nie juis veel van ‘n koue front suid van die land nie, al wat daar oor die land is, is ‘n bietjie hoë wolke. Oor die binneland is dit net mooiweer en koud met die normale kolle met ryp,. O.a. Potchefstroom, Vereeniging en dan die Vrystaat. Koud genoeg vir taamlik algemene ryp. Die koue fronte wes van die Kaap vertoon effe beter maar ai, daar is nie baie koue lug agter die fronte nie, hoe minder koue lug hoe minder die reën oor die Kaap. Dit lyk of die eerste koue front so net na 2-3nm by die Kaap kan wees en die 2de een, oornag, vannag. Die dae word nou wel elke dag so raps langer maar tot nou toe maak dit min verskil op die maksimum temperature. Die minimums miskien nou so koud as wat vorige winters al opgelewer het nie, maar die maksimums tot nou toe is beslis nog onder die norm. Histories begin temperature al die tyd van die jaar (Gauteng) in die lae 20’s in beweeg, maar van die begin van die maand tot en met vanoggend was daar net een dag waar ek bokant 20 C beweeg het, die res van die tyd is dit nog ver onder 20 C. Die gem. maksimum temperatuur tot nou toe (PTA) is maar sowat 17.5 C ( In Pta terme is dit sommer koud!!!!!) (Julie).

Miljoene rande is in die sakke van die eienaars van die wildplase waar die sogenaamde “geblikte Leeujag” jaarliks plaasvind. Hierdie eienaars het duisende hektare grond aangekoop met die leeus se Inkomste van ongeveer $30,000 USD to soveel as $35,000 USD per leeu.

Volgens berigte was daar nog baie wind ook gewees in die tande en die naels.  Miljoene was beskikbaar om wildsplase soos 5 ster hotelle te laat lyk.

Om ewewig terug te bring na die natuur moet die leeus maar oopgemaak word om hulle plek in die wilde natuur in te neem en op hulle tyd te jag onder die wild en so die ekologie weer herstel. Dit sal nie gebeur nie, want die wild is te duur.

Koning van die oerwoud het ‘n plaasdier geword

Bewaringsorganisasies waarsku die regering al byna 20 jaar lank dat hy ‘n ramp op hande gaan he omdat hy toelaat dat leeus in klein kampies geteel word vir die jagbedryf.

Sowat vyf jaar gelede was daar na raming 4 000 van die halfmak leeus. Die jongste skatting dui op sowat 8 000 op meer as 200 plase. Die bedryf, met die onsmaaklike naam geblikte leeujag, het leeu-boere etlike miljoene in die sak gebring. Dit het sekerlik in ‘n mate finansieel tot Suid-Afrika se geldkoffers bygedra, maar dit is waar dit eindig. Die bedryf is lankal ‘n verleentheid vir die land.

Al hoe meer inligting het na yore gekom en be-waringsgroepe het die ware feite oor die teel van leeus die wereld begin instuur. Die dokumentere rolprent Blood Lions, wat verlede jaar uitgereik is, het skokgolwe oorsee veroorsaak.

Inligting in die rolprent het die VSA oorreed om wetgewing oor die invoer van jagtrofee einde ver-lede jaar te verander. Jagters wat hul trofee van Suid-Afrika na die VSA wil invoer, sal voortaan moet bewys dat hul jagtog tot voordeel van leeu-bewaring was.

Dit het al hoe moeiliker geword en jagters van die VSA (wat die grootste belangstelling in geblik-te leeujag het) het belangstelling verloor. Die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging meen die jag-ters het met tot 80% afgeneem. Die gevolg is dat die geldstroom na leeuplase feitlik opgedroog het. Die slagoffers hiervan is nou verwaarloosde leeus wat vir die eienaars nutteloos geword het. ‘n Vol-wasse leeu het maandeliks tussen 120 kg en 160 kg vleis nodig. En dit ruk die leeuboere se sak.

En intussen het die departement van omgewing-sake waarskynlik besef hy het hier met ‘n warm patat te make en die “regulering” van 8 000 half-mak leeus stilletjies na die departement van land-bou, bosbou en visserye oorgeskuif Die dier wat die koning van die oerwoud is, het nou die status van ‘n plaasdier gekry.

Sommige bewaringslui meen die diere moet van kant gemaak word, ander meen hulle moet na ‘n bewaringsplek verskuif en gesteriliseer word. Die diere se welsyn was nooit vir die ANC-regering ‘n prioriteit nie, maar weens sy eie kortsigtigheid het hy ‘n ernstige probleem. Wat nou gemaak met die diere?

‘Maak 8 000 halfmak leeus van kant’

Suid-Afrika moet die “geblik-te”-leeubedryf teen 2020 finaal sluit en die sowat 8 000 half-mak leeus wat daarby betrok-ke is, van kant maak, eis die Wildlands-bewaringstrust en die nieregeringsorganisasie Captured in Africa.

Andrew Venter, uitvoerende hoof van Wildlands en een van die vervaardigers van die do-kumentere rolprent Blood Lions, se die departement van omgewingsake moet onmiddel-lik verantwoordelikheid aan-vaar vir die “geblikte”-leeu-bedryf wat hy “stil-stil” verle-de jaar aan die departement van landbou, bosbou en visse-rye oorhandig het.

Die Internasionale Bewa-ringsunie met sy meer as 4 000 lede is volgens hom reeds by die veldtog betrek. “Ons gee die departement van omge-wingsake drie en ‘n half jaar om die bedryf toe te maak.”

Die koalisie van nierege-ringsorganisasies eis dat die departement geen permitte uit-reik vir die uitvoer van leeu-beendere na die Ooste nie. Die geldkraan na die bedryf moet onmiddellik toegedraai word.

Hy meen net sowat 1 000 van die 8 000 leeus in die bedryf sal moontlik in bewaringsgebiede versorg kan word. Die leeus kan nie vir hulself sorg nie en sal daarom nie in die natuur vrygelaat kan word nie.

Volgens Venter het meer as 50 toeroperateurs wat in Afri-ka sake doen, reeds skriftelik onderneem om geen besoekers na leeuplase te bring nie.

Drew Abrahamson van Cap-tured in Africa se haar organi-sasie maak mense daarvan be-wus dat hulle nie aan welpies moet vat of met hulle moet speel of loop nie omdat dit die diere mak maak. “Leeus moet wild bly. Sodra hulle mak is, is hulle nutteloos.”

Intussen het die Suid-Afri-kaanse Roofdiertelersvereni-ging (Sapa) in ‘n verklaring ge-se Walter Slippers, eienaar van die uitgeteerde leeus waaroor Beeld gister berig het, is nie ‘n lid van hul organisasie nie.

Sapa het met skok kennis ge-neem van die haglike toestand waarin die diere op Slippers se plaas aangehou is en het dade-lik vir die leeus kos bymekaar gemaak.

Sapa het diereregte-aktiviste daarvan beskuldig dat hulle so-siale media misbruik vir “goedkoop verdagmakery”.